top of page
3.png
6.png
7.png

Gee jou kind die voorsprong wat tel!

Kleingroep ekstra Wiskunde klasse in Paarl vir Afrikaans Graad 4–11 leerders.

8.png
9.png
5.png
foto sonder pype_edited.jpg

Hoekom die Wiskunde Ateljee?

Klein klasse

Kleiner klasse beteken meer individuele aandag vir leerders en bied geleentheid vir hulle om meer vrae te vra.

Professionele tutors

Aangebied deur ’n tandarts en ’n ingenieur met ’n passie vir onderrig en kinders se ontwikkeling.

Wiskunde wat sin maak

Ons fokus op begrip eerder as net memorisering, sodat leerders regtig verstaan wat hulle doen.

Passie vir kinders. Liefde vir Wiskunde.

JAP_0406_edited.jpg

Kristie Pienaar

Bedryfsingenieur

Ek is passievol daaroor om leerders te help om Wiskunde beter te verstaan en meer selfvertroue daarin te kry. Ek het ’n B.Ing in Bedryfsingenieurswese (top 15% van my klas) sowel as ’n B.Soc.Sc in Sielkunde (Cum Laude) voltooi, wat my ’n goeie begrip gee van beide Wiskunde en hoe kinders leer. Ek hou daarvan om Wiskunde op ’n eenvoudige en praktiese manier te verduidelik sodat leerders gemaklik voel om vrae te vra en regtig te verstaan wat hulle doen.

JAP_0415_edited.jpg

Shené Pienaar

Estetiese Dokter & Tandarts

Dit is my passie om kinders te help ontdek dat Wiskunde nie net verstaanbaar is nie, maar ook maklik én pret kan wees. Ek tutor al sedert 2008 Wiskunde, en my liefde vir die vak het reeds op skool begin. Ek het 98% vir Wiskunde in matriek behaal en my BChD-graad (Cum Laude) as topstudent voltooi. Met ’n geduldige en ondersteunende benadering fokus ek daarop om kinders se selfvertroue te bou en elke leerder op ’n eenvoudige, verstaanbare manier te help groei in Wiskunde.

Urban Plan Illustration

Kom kuier by ons in die Paarl

📍92 Main Rd, Hoog-En-Droog, Paarl, 7646


📞 067 334 7261

bottom of page